Sunday, 15 May 2016

Oor 'n motorfiets,'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word


Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word  is geskryf deur pryswenner en gewilde Suid-Afrikaanse skrywer, Jaco Jacobs (36 jaar oud), en gepubliseer deur LAPA uitgewers. Dis ‘n baie goeie boek (in vergelyking met die standaard van ander Suid-Afrikaanse boeke). Dit handel oor ‘n 13-jarige seun, Drikus, wat vriende maak met ‘n pa-lose seun “Hoender” en ‘n wilde en pragtige meisie Chris, oftewel Christine. Drikus lei aan kanker en hy wil ‘n zombiefliek maak voor hy moontlik sterf; dus vra hy vir Chris en Hoender om hulp. En dis waar die avontuur begin…

Die boek is goed geskryf en is kort en maklik om te lees (vir die lui-lesers). Dis ‘n deurlopende hartseer tema/ondertoon, maar daar is genoeg pret in die boek om dit te balanseer.

Jaco het al die volgende pryse vir sy jeugliteratuur gewen:

Alba Bouwerprys
die CP Hoogenhoutmedalje
veertien ATKV-Kinderboektoekennings


Ek gee die boek agt uit tien, want dit was goed geskryf en ek sal dit vir jonger lesers aanbeveel van 8-12 jaar. Die boek gaan nou in ‘n fliek gemaak word met die naam: Nul is nie niks nie. Daar was nou onlangs oudisies vir die rolle. Die boek is beskikbaar by Bargain Books in die Paarl-mall en in meeste ander boekwinkels, asook op die internet en in biblioteke.



1 comment:

  1. hi, laat weet maar watse tipe boeke ek volgende moet resenseer!!

    ReplyDelete